Cordis Trust
  • Tuisblad
  • Teater van die lewe
    • TEN SPYTE VAN
    • ORDE VAN DIE KRUIK
    • PROJECTS FOR LIFE
    • BOEKTROMMEL
  • Afrikaanse woordkuns
    • AFRIKAANSE WOORDKUNSAKADEMIE
    • WOORDKUNS >
      • DIGKUNS
      • SKRYFKUNS
      • DRAMAKUNS
      • LIRIEKEKUNS
      • KULTUURHISTORIES
    • SONSTORIE
    • WOORDPALET >
      • DAGDIGTE
      • DROOMSIG
      • NOTEWOORDE
      • JEUGSTEMME
      • SAAMSTELBUNDELS
    • DIE BOEKTUISTE
    • CORDIS TRUST PUBLIKASIES >
      • PRYSPUBLIKASIES
      • BORGSKAPPE
      • EIE INISIATIEWE
      • KREATIV SA
    • ORDE TOEKENNINGS >
      • ORDE VAN DIE GOUE PEN
      • ORDE VAN DIE BEITELTJIE
    • KUNSPALET
    • SKEPPENDE MENSE
    • STORIES SA
    • UNIVERSITEIT FORT HARE
  • Boodskap van hoop
    • ORDE VAN DIE LAMP
    • BYBEL-MEDIA/ CORDIS TRUSTPRYS
    • CLF/ CORDIS TRUST CHRISTELIKE SKRYFSKOOL
  • Skakelbesonderhede
  • New Page
Picture

                    DEERNIS IN AKSIE / COMPASSION

www.teatervandielewe.co.za, 'n inisiatief van Cordis Trust
EK KAN NIE DIE HELE WÊRELD VERANDER NIE, WANT EK IS NET EEN MENS, MAAR EK KAN DIE HELE WÊRELD VIR EEN MENS VERANDER. 

ODE AAN  OMGEE-MENSE
Dit is nie wat mens doen wat saakmaak nie,
dit is wat dit beteken.
Dit is nie wat jy skryf wat saakmaak nie,
dit is wie dit aanraak.
Dit is nie wie die prys verower nie,
dit is die betekenis van die prys.
Dit is nie wat en hoe jy doen nie,
dit is dat jy dit doen.
Dit is nie wat jy hoop om te bereik nie, 
dit is wat jy bereik.
Dit is om spontaan te kan sê ek het jou lief
met alles wat binne in my is.
Dit is om liefde sigbaar te maak.

©Fanie Marais, 26 Januarie 2013


AAN DIE VERHUISINGSMANNE
Dra saggies ,vriende,
want sierpotte en erdewerk,
keurborde en fyn glas
sluit 'n hele lewe
met sy drome
en verlangens in;

Dra saggies, mededraers,
want die drag
van veerbed,
tafels, lessenaar
druk teen die bors
se dun skelet;

Dra saggies, regters,
want die oordeel
oor my klein bedryf
lê vasgevang
in prente, boeke
en 'n eie ou gemakstoel;

Dra saggies, gode,
want die hart se porselein
is broos en tot veel seer
en kwesbaarheid geneig:
die kratte van 'n lewe
kan so maklik breek.


Ernst van Heerden (1916-1997)
Groot Verseboek,2000.bladsy 282


WAT WEET JY VAN LIEFDE
liefde
se hande is gebars
se knieë
skryf gebede
sonder ophou
en die stem van liefde
skryf die hart
vol van  ars poetica

wat nooit
woorde word op papier
want die hart
is n brandstapel
'n altaar

van middernag
tot naglumier


Slotgedeelte uit Wat weet jy van liefde
©Marie Bredenkamp 04/10/2013





OUTISME

jy sak weg
in jou dieper self
waar viole onhoorbaar
in jou oorgange speel
jou wêreld
sluit my uit
maar dis ek wat nie weet
hoe om oor jou drumpel te tree
om die reënboog
in jou oë te kan lees
en jy skuil
getroos
tussen speelgoeters
met jou vreemder gees 

soos jy
is ek ook soms eensaam
en alleen
by die noem
van my eie naam
en soms
net soms
sny jou glimlag
van kant tot kant
 (eenmalig?)
oor die foto en die raam


©Marie Bredenkamp 01/02/2012


GEBED VIR 'N OUTISTIESE KLEINKIND
© Elsa Engelbrecht, 11/12/2014


Die dag daar op jou oupa se plaas toe jy so stip in my oë kyk- die ander het rondom geroesemoes, gepraat,besig gewees met hulle eie dinge, maar toe jy vir my kyk met jou helder oë het ek geweet dat jy weet: ons twee dra dieselfde las, dieselfde lief,dieselfde leed, dieselfde vooraf-weet.


Ons ou blondekop seuntjie wie se hare nou donker geword het, waar sal jou pad nog loop? Sal daar mense wees wat enduit sal liefhê, versorg, help ontwikkel en groei? Tog is daar Een wat altyd bystaan en hy berei die pad voor.


Dankie heer dat U, u hand oor hierdie kind hou- klein Charles-en dat U die geknoopte drade sal herstel en die deure sal oopmaak na spraak, gesprekvoer en lees. Dat U sy frustrasies oor sy onvermoë, sal verander in kreatiwiteit, in vaardigheid en vreugde. Dankie dat U engele voor hom uitstuur wat die pad vir hom gelyk sal maak. Dankie vir die engele wat reeds soveel vir hom doen en gedoen het- seën hulle Heer. Dankie dat hulle hom ook liefhet. Dankie dat U liefde hom sal bewaar oral waar hy mag gaan. Dankie vir sy eiesoortige soort menswees wat onder ons kom woon het.


O Heer van die leërskare, U alleen ken die pad wat uitloop op die hemelstad. 

Ten spyte van; Orde van die Kruik;Projects for life & Boektrommel

Deernisprojekte soos Ten spyte van deur Cordis Trust/Pierneefteater;  om erkenning te gee aan instansies/persone wat uitmuntende gemeenskapsdiens lewer (www.ordevandiekruik.co.za), 'n databasis van kundiges in hulpverlening (www.projectsforlife.co.za) en 'n projek om nuwe en gebruikte boeke te versprei (www.boektrommel.co.za) waar dit 'n verskil in mense se lewens kan maak.
Picture
www.cordistrust.co.za; www.woordpalet.co.za; www.storiessa.co.za; www.afrikaansewoordkuns.org.za; www.dieboektuiste.co.za; www.mylandsa.co.za
e-pos: cordistrust@discoverymail.co.za

Cordis Trust, Posbus 73592, Lynnwoodrif. 0040