CORDIS TRUST PUBLIKASIES: EIE INISIATIEWE
Die klem het tot 2013 geval op publikasies wat van buite Cordis Trust geïnisieer is - hetsy as borg- of pryspublikasies.
Daar is 'n behoefte by die oprigters van die Trust om vanuit die bron van Cordis Trust se ontstaan, die publikasie Woordpalet, sekere digtemas en poëtiese prosa te kies vir geselekteerde deelname van digters/skrywers met die oog op publikasie. Omrede van die inhoud op jeugdige ouderdom geskryf is, is dit gepas om ook hoërskoolleerders en universitietsstudente te betrek.
Oorkoepelende temas met verlies en versoening as uitgangspunt met 'n geleentheid vir wye deelname,sal ook as digbundels gepubliseer word.
Om groter momentum te gee aan die bevordering van die Afrikaanse woordkuns is besluit om wyer gebruik te maak van webtuistes vir spesifieke behoeftes in dig-,skryf-,drama-en liriekekuns en kultuur-historiese navorsing. Dit sal aangevul word met faceboekblaaie wat professioneel bedryf word as die meganisme tussen Cordis en deelnemers. Publikasie sal na behoefte geskied.