DESEMBER © Alice Hendriks-Boshoff, 06.12.2014.
Die son beur hom met moeite los
uit die greep van die horison se Velcro.
Haakenstekerig, halfhartig vuur
hy 'n sarsie flou vlampyle blouwaarts.
Terwyl die daglig sloerstaak en ure
inkort, maak die sneeu sy skure
ywerig vol.
John O'Groats en Inverness
het reeds 'n voorsmaak gehad,
'n sprinkeling van ys.
As die wind wat oor die Noordsee
kom, teen die asem van die Atlantiese
Oseaan gaan kragte meet, word vragte
sneeu uit die wolkebereiding geskud.
Sprokkel en stompe word ywerig vergaar,
in die donkerste dae voor Kersfees.
Kerse, deurkranse,mince pies, mulled wine,
versprei kenmerkend 'n geur van tradisie.
Geld wat nog verdien moet word, vermom
as lankmoedige plastiek, klingel in winkels
of klik-klik aanlyn. Kos, klere,geskenke-
meesal ongewens, stroom by handelshuise
uit. Koop nou, betaal later, rol snags rond
op jou bed.
Away in a manger... lê 'n dogtertjiepop,
te midde van nephuls en klatergoud.
Haweloses slaap snags voor winkeldeure,
waar bedags woekerwins gemaak word.
Die CD, gespeel in die Naam van God,
sidder op een lettergreep, terwyl vroue
gryp na nog meer van gister se aanbod.
Te midde van vermorsing en overdaad,
staan hande bak van die honger.
Vrede op aarde...
uit die greep van die horison se Velcro.
Haakenstekerig, halfhartig vuur
hy 'n sarsie flou vlampyle blouwaarts.
Terwyl die daglig sloerstaak en ure
inkort, maak die sneeu sy skure
ywerig vol.
John O'Groats en Inverness
het reeds 'n voorsmaak gehad,
'n sprinkeling van ys.
As die wind wat oor die Noordsee
kom, teen die asem van die Atlantiese
Oseaan gaan kragte meet, word vragte
sneeu uit die wolkebereiding geskud.
Sprokkel en stompe word ywerig vergaar,
in die donkerste dae voor Kersfees.
Kerse, deurkranse,mince pies, mulled wine,
versprei kenmerkend 'n geur van tradisie.
Geld wat nog verdien moet word, vermom
as lankmoedige plastiek, klingel in winkels
of klik-klik aanlyn. Kos, klere,geskenke-
meesal ongewens, stroom by handelshuise
uit. Koop nou, betaal later, rol snags rond
op jou bed.
Away in a manger... lê 'n dogtertjiepop,
te midde van nephuls en klatergoud.
Haweloses slaap snags voor winkeldeure,
waar bedags woekerwins gemaak word.
Die CD, gespeel in die Naam van God,
sidder op een lettergreep, terwyl vroue
gryp na nog meer van gister se aanbod.
Te midde van vermorsing en overdaad,
staan hande bak van die honger.
Vrede op aarde...