https:/sacoronavirus.co.za
|
Die doelwitte van Cordis Trust (Uit die hart) is deernisprojekte (teater van die lewe); skeppende Afrikaanse woordkuns (dig-, skryf-, drama- en liriekekuns en kultuurhistories) bedryf as die Afrikaanse woordkunsakademie; en die bevordering van geestelike werk (boodskap van hoop) . Jeugstemme word binne die onderskeie doelwitte beklemtoon.
Kernstrewe
Om doelgerig en onbevooroordeeld te streef om die hartklop van die lewe en van my medemens te begryp en daadwerklik mee te doen met betekenisvolle steun vir gelyke kanse
deur
deernisvol op te tree (Teater van die lewe);
moedertaal insluitend te bevorder (Afrikaanse woordkunsakademie); en
geestelike groei (Boodskap van hoop).
Die bedrywighede van die trust word deur die trustees gefasiliteer met behulp van medewerkers (instansies en individue). Die administrasie is in die hande van die uitvoerende trustee, Fanie Marais.
Sosiale media en verskeie webtuistes gee beslag aan die werksaamhede van die trust:
gepubliseerde www en facebookblaaie:
www.cordistrust.co.za
www.cordistrustpublikasies.co.za
www.woordpalet.co.za
www.die boektuiste.co.za
www.storiessa.co.za
www.mylandsa.co.za
fb Cordis Trust
fb Cordis Trust Publikasies
fb Teater van die lewe
fb Afrikaanse woordkunsakademie
fb Woordpalet
fb Die Boektuiste
fb Stories SA
fb My Land SA
fb Skeppende mense
fb Boodskap van hoop
fb Skakerings van grys
fb Skakerings van kleur
fb Kunspalet
fb Notewoorde
Geregistreerde domeins:
afrikaansekunstenetwerk.co.za (ATN); afrikaansetaalnetwerk.co.za (ATN); afrikaansewoordkuns.org.za; afrikaansewoordkunsakademie.co.za; afrikaansplus.co.za (.org.za, .com); aksieafrikaans.co.za (.org.za, .com); boektrommel.co.za; boodskapvanhoop.co.za; booksforcharity.co.za; cordistrust.co.za (.org.za, .com); cordistrustpublikasies.co.za; dagdigte.co.za; deernisinaksie.co.za; dieboektuiste.co.za; digitalebiblioteekafrikaans.co.za (DBA); inheemseflora.co.za; jeugstemme.co.za; kultuurhistories.co.za; kunspalet.co.za (.org.za); mylandsa (.com); notewoorde.co.za; ordevandiebeiteltjie.co.za; ordevandiegouepen.co.za; ordevandiekruik.co.za; ordevandielamp.co.za; projectsforlife.co.za (.org.za); sastories.co.za (.org.za); sinstories.co.za; skakerings-van-grys.co.za; skakerings-van-kleur.co.za; skeppendemense.co.za; storiessa.co.za (.com); taalsondergrense.co.za; teatervandielewe.co.za; woordpalet.co.za (.org.za, .com).
Die sukses van Cordis Trust oor 21 jaar maak 'n herbeplanning nodig vir die periode tot 2023. Cordis Trust 2023 is 'n beplanningsraamwerk vir die toekomstige mikpunte van 2020 tot einde 2023. Die klem sal wees op groter gebruik van virtuele platforms.
DAGBOEK
My hart huil
om 'n ander se smart.
Ek binneween om 'n jong lewe
wat so kort was.
Woorde maak hul los van die blad
kom prik agter my oë
en sypel in die groewe van my brein.
My siel ween
om die wêreld se smart.
Ek huil geluid- en traneloos oor soveel lewens
wat verspil word.
'n Lied styg op van die blad
wat my ore hoor
bring trane en 'n diepe sug.
Die vrou met die vlamhare
die een met die herfsblaarstem
sing van jong onskuld
wat eenmaal was.
'n Palet van woorde, kleur en klank
vertel van ontluikende vrouwees
en 'n ouer se verlies.
My hart word stil
om Sy stem te hoor.
Ek vind berusting namens elkeen wat treur
want by die voete van ons Vader
daar vind ons rus en troos.
©Alice Hendriks-Boshoff, 08.05.2014